|
The Southwest Free Staters: The History of my Branch of the Family JANSE VAN RENSBURG
INTRODUCTION AND TABLE OF CONTENTS (20 Pages. Free. Download Now. 294kb.)
Journey: A Short History of Scandinavia and Claas Jansz until 1708 (33 Pages. For Sale. $15.00. Available Now. 948kb.)
PART A: THE FIRST 150 YEARS - THE CAPE COLONY 1708 – C.1858
a1. Claas Jansz (1661 - 1728) (30 Pages. For Sale. $15.00. Available Now. 2.265mb.)
b1. Johannes Janse Van Rinsburg (1709 - 1775) (20 Pages. For Sale. $10.00. Available Now. 2.612mb.)
c1: Nicolaes Jansz Van Rinsburgh (1731 - After 1778) (? Pages. For Sale. $5.00. Available Now. ?mb.)
d6: Nicolaas Jansen van Rensburg (1764 - 1831) (For Sale. Awaiting Release.)
PART B: THE NEXT 150 YEARS - THE ORANGE FREE STATE C.1858 - 2008
e3: Johan Jacob Jansen van Rensburg (1792 - 1871) (For Sale. Awaiting Release.)
f4: Johan Jacob Jansen van Rensbürg (1824 - After 1898) (For Sale. Awaiting Release.)
g5: Nicolaas Esaias Jansen van Rensbürg (1855 - 1922) (For Sale. Awaiting Release.)
h3: Johan Jacob Janse(n) van Rensburg (1883 - 1977) (Not for Sale. Released. Free to Direct Descendants upon Request.)
i4: Hendrik Christoffel (Barnard) Janse van Rensburg (1923 - 1993) (Not for Sale. Released. Free to Direct Descendants upon Request.)
j3: Hendrik Christoffel Janse van Rensburg (Not for Sale. Released. Free to Immediate Family upon Request.)
k1: Nicolas Todd Janse van Rensburg (Not for Sale. Released. Free to Immediate Family upon Request.)
PART D: APPENDICES
Appendix 1: Scandinavian History (For Sale. Awaiting Release.)
Appendix 2: yDNA Results and Analysis (For Sale. Awaiting Release.)
Appendix 3: My Known Janse van Rensburg Slave Ancestors (For Sale. Awaiting Release.)
Appendix 4: Symbols, Abbreviations and Glossary (Free. Awaiting Release.)
Appendix 5: Bibliography and References (Free. Awaiting Release.)
Appendix 6: Recommended Further Reading (Free. Awaiting Release.)
Appendix 7: Our Janse van Rensburg Family Tree: Descendants of Claas Jansz, Our Branch (For Sale. Awaiting Release.)
Part E: ADDENDA
Addendum 1: j3. A Short Autobiography of Hendrik Christoffel Janse van Rensburg (born 1960) (Not for Sale)
Addendum 2: j3. DNA Results for Hendrik Christoffel Janse van Rensburg (born 1960) (Not for Sale)

All rights reserved © 2006 - 2010 Christo van Rensburg.
No part of this publication may be reproduced, stored in or introduced into a retrieval system, or transmitted, in any form, or by any means
(electronic, mechanical, photocopying, recording, or otherwise) without the written permission of the author.
Requests for permission should be directed to montxsuz(at)yahoo.com.
The cost of producing this book was high (travel costs, DNA laboratory costs, archival document costs. The volume of sales will be very low.
Parts of this book are available free for download. Other parts are available for sale. The above sections will be published here as they are completed.
The sale price for each chapter is indicated next to it below. The amount is the same, whichever currency you choose.
Email me at montxsuz(at)yahoo.com for instructions on how to pay. I do prefer Paypal. Cash is risky, and cheques are slow. I will accept:
| Methods |
Currencies |
| Paypal |
Australian Dollar |
| cash |
Canadian Dollar |
| cheques |
US Dollar |
The price of each chapter will include for free:
- copies of digital high-resolution maps (when available), and
- copies of archival material for the subject.
Bogenoemde dele van my boek sal hier gepubliseer word soos elke deel vrygestel word.
Intussen, geniet solank die volgende.

Return Home
Ai, wat ek uitgevind het gedurende my genalogie navorsing, is dat dit baie makliker is om familie inligting by die dooies as by die lewendiges te kry!
As gevolg van my eie frustrasie om relevante inligting uit sommige van my familie lede to trek haal ek die volgende riglyne aan vir aspirant genealoë,
soos oorvertel op die Afrikaanse Genealogiese Gespreksgroep
Hiervolgens onderskei ons tussen 'n hele paar tipes familielede en (mede) genealoë.
Eerstens die familielede:
- Die Olifant
Hy het 'n geheue soos 'n olifant. Hy kan jou van enige datums en enige naam
voorsien, vinniger as wat jy kan skryf. Hy onthou al sy vroue, kinders en
nageslag, en alles omtrent die verlede. Dis 'n fees om saam met hom te
werk.
LOOP LIG! en gaan sy inligting met 'n vergrootglas na. Die helfte van sy
inligting is foutief. Sy ouma se jongste kind is gebore net na die huwelik
van haar oudste agterkleinkind en sy oupa was 'n bobaas verkenner in die
Boereoorlog, toe hy net sewe jaar oud was. Daarby het hy 'n kind by sy derde
vrou gehad toe sy eerste vrou nog geleef het.
- Die Wag-'n-Bietjie-Bos
Sy weet nie veel van die familie nie, en kan nie juis iets onthou nie. Dit
klink asof sy te veel Prozacs gedrink het, en sy laat jou hart met 'n doef!
in jou skoene sink. Maar sy sal kyk of sy iets kan kry.... En dan gaan haal
sy ouma se Familiebybel, die hele familie se begrafnisbriewe en
troukaartjies, 'n klomp identiteitsdokumente en 'n telefoonboekie, en binne
'n paar minute het jy alles wat jy wou hê. Elke enkele feit en 'n klomp
telefoonnommers, maar geen lekker familiestories nie. Die takke aan jou
stamboom begin egter van lekkerkry kreun.
- Die SAUK
Hy skinder nie; hy skinner. Lekker. Oor alles en nog wat.Soos oor die feit
dat sy oom nie destyds Duitswes toe is omdat hy finansieel swaargekry het in
Natal, soos sy kinders sê nie, maar omdat hy 'n joiner in die Boere-Oorlog
was en toe soos 'n ou bul deur die gemeenskap uitgestoot is. Of van die
ander oom, wat saam met sy swaer en 'n ou arbeider gaan perskebome plant
het, laat een Saterdagmiddag. Die arbeider moes net die gate grawe, want "'n
Regte boer plant sy eie bome." Toe kuier hy en sy swaer maar terwyl die gate
gegrawe word, en terwyl hulle plant. Maar hulle kuier lekker. En toe hulle
Sondagoggend wakkerword, het hulle die helfte van die bome onderstebo
geplant... Maar van konkrete feite kan hy jou nie juis voorsien nie.
- Die Dam
Sy wil nie juis familie uitlê nie, want wat help dit nou? Dit het tog niks
met haar te doen nie. Jy vertel haar dat jy tog maar te bly sal wees as sy
jou net wil vertel wat haar ma se nooiensvan was, want haar pa se gegewens
en sy voorgeslag se gegewens het jy darem al, en jy weet dat haar groottante
in die konsentrasiekamp gesterf het, en skielik breek die damwal. En sy
PRAAT. En jy praat saam. 'n Hele driekwartier lank, oor die telefoon, en dis
'n Kaapstad-oproep, gemaak vanuit Mpumalanga.... Heerlik!
- Die Politikus
Wanneer hy hoor waarna jy opsoek is, vertel hy jou dat sy voorouers Natal
toe getrek het. En dan begin hy met 'n rits tirades: teen die Ingelse, teen
die Zoeloes, teen vandag se kinders (hy is kinderloos) teen sy skoonouers en
skoonfamilie, teen die invloed van TV, teen sport, ensovoorts, ensovoorts...
Na 'n halfuur waarin jy hoogstens 'ummm' gesê het, weet jy slegs wat sy
oorlede vrou se noemnaam en nooiensvan was, en niks meer nie. En daar is
GEEN manier waarop jy hom weer gaan bel om te vra wanneer sy gebore en
oorlede is nie...
- Die Tradisie-Vaste Een
Sy is heel vrygewig het besonderhede, en gee dit vryelik. Later hoor jy
egter skrams by haar suster dat die datums nie heeltemal klop nie, want die
eerste babatjie is nie 'n jaar en vyf maande na die huwelik gebore nie, maar
wel vyf maande daarna. Haar dogter is ook nie in 'n ongeluk oorlede nie,
maar eers maande daarna, nadat sy 'n oordosis slaappille gedrink het...
- Die Buffel
Hy is ongeskik, onbehulpsaam en sê prontuit dat hy weier om jou te help.
Hierdie soort is skaars, so een uit vyfhonderd, skat ek. Later spoor jy
ander familie op en hulle (gewoonlik die SAUK, hierbo beskryf) vertel jou
dat sy pa sy ma ge-panelbeat het, hom eers halfdood gedrink het, toe
Alzheimers ontwikkel het, en onder UITERS verdagte omstandighede van 'n
koeëlwond gesterf het.
- Die Aspirant-Genealoog
Sy vertel jou opgewonde dat sy ekstaties is om van jou te hoor, want sy is
ook besig met familienavorsing, en julle gaan so lekker saamwerk. Dan vertel
sy jou alles van David du Buisson, vanwaar hy gekom het, wat hy gedoen het
en waar hy gaan woon het, en dat sy alles wat sy by die Hugenote-monument
kon koop, aangeskaf het. Jou hart maak 'n bollemakiesie, want hier is iemand
wat die vreugde en frustrasie met jou gaan deel. "Maar sê my eers," gooi jy
bietjie wal, "Wie was jou oupa en ouma?" Dan kom die antwoord: "Ek weet nie,
jy sal my ma moet vra..."

Tweedens die medegenealoë:
- Die "Ag kan jy net gou"-soort
Hierdie mense het nog nooit regtig genealogie beoefen nie maar wil telkens
net gou hulle hele voorgeslag, en die volledige nageslag van die stamvader
hê. Min wetend dat jy al meer as 15 jaar met hierdie familie se navorsing
besig is en onmeetbare koste gehad het en ontelbare man-ure spandeer het om
inligting bymekaar te maak. Om nie eers te praat van die ure en ure en
matelose geduld wat nodig was om die inligting te verwerk en rekenariseer
nie.
- Die "Ag nee man, jy moet my darem meer inligting gee en nie so snoep wees
nie"-soort.
Hierdie ouens gee gewoonlik vir jou inligting tot by sy pa of moontlik sy
oupa, gewoonlik nie eers die volle doopname en datums nie maar sulke
inligting soos: "My oupa was op een of ander manier verwant aan die destydse
president van die Oranje Vrystaatse Republiek. Jy weet mos, Koot Venter, of
het jy nie geweer dat daar ook 'n Venter-president was nie? Nouja, my oupa
se naam was ook Koot, ek weet nie wat sy doopname was, of wanneer hy gebore
is nie". Mens doen dan al die moeite om hierdie persoon te help met sy
direkte stamlyn tot by die stamvader. Dan wil hy wragtag nog al jou ander
volledige Venter-inligting ook gratis en verniet op 'n skinkbord hê.
- Die "Ek sal vir jou inligting gee, maar dan wil ek 'n medeouteur van die
Venterboek wees"-soort.
Hy kan gewoonlik nie vir jou verder as sy oupa en uiters selde verder as tot
by sy oupagrootjie enige inligting gee. Self het jy reeds al bykans 30000
persone in jou databasis en sy bydrae indien jy dit by hom gaan kry is maar
20 persone. Maar hy het ook iewers die boekie van Ds. X wat oor die Venters
geskryf het in die hande gekry en maak sekere aannames van watter tak van
die Venter hy nou eintlik afstam. Maar tussen sy oupa en die laaste
generasie in die boekie is daar omtrent 4 geslagte "missing" nou bou hy 'n
feëverhaaltjie om hierdie gaping te vul. Moenie glo dat hy jou gaan glo
omdat jy dae spandeer het om sterfkennisse en doopregisters en
huweliksregisters na te gaan nie.
- Die "Man ek weet jy skryf mos 'n boek oor die Venters. Wil jy nie net vir
my my hele familie se voorsate gee nie? Ek is besig om 'n Webblad te skep en
het die inligting daarvoor nodig"-soort.
Hierdie ouens gee baie selde enige erkenning aan die bron van hulle
inligting en hulle figureer skielik as die groot eksperts veral omdat die
inligting op die Internet verskyn.
- Die "Klokluiers sonder belle"-soort.
Hierdie soort kry by jou inligting en plaas dan hulle eie weergawe (baie
keer met hulle eie fyn genuanseerde feëverhaaltjies daarby) prominent in die
media, maar, hulle sê hulle kry die inligting van jou af. Soms gee hulle
sommer ook nog verdere bronne aan wat hulle ooglopend nog nooit self eers
gelees het nie. Dit laat dit dan voorkom asof hierdie verkeerde en soms
feëverhaaltjies van jou af kom. Mens kan dalk ook hierdie soort 'n ander
naam noem "Ek ploeg met jou kallers, maar wil nie self die punch vat vir 'n
krom ploegvoor nie"-soort.
- Die "'n Ou tannie (oom) het my gevra dat ek tog net vir hulle hulle
voorgeslagte moet uitwerk"-soort.
Omdat ek van nature nogal saghartig en behulpsaam is gee ek gewoonlik dan
gratis en verniet 'n uitvoerige gedrukte stamlys vir hierdie persoon vir
sy/haar "ou" oom of tannie. Weereens na heelwat navorsing en moeite. Nie
lank daarna ontmoet mens dan bloot toevallig die "ou" oom of tannie in jou
soeke na verdere inligting. Dan kom jy agter dat hy/sy maar so in hulle
dertiger jare is. Hulle is dan gewoonlik baie ywerig om hulle inligting
waarvoor hulle ten duurste betaal het by die nommer 6 tipe met jou te deel.
Dit het al meer as tien maal met my gebeur dat die inligting wat hulle vir
jou wys, die oorspronklike stamlys is wat jy so goedgunstig en gratis vir nr
6 uitgedruk het.
- Die "Jy moet jou inligting op die Internet sit, sodat almal voordeel
daaruit kan trek"-soort.
Hierdie ouens was self selde of ooit in 'n argief, en weet gewoonlik nie
eers hoe 'n sterfkennis lyk nie. Hulle weet niks van doopgetuies of so meer
nie. Hulle dink dat "over de grense" 'n plaasnaam is. Hulle weet nie dat
sterfkennisse en doopregisters en gepubliseerde boeke heel dikwels foute
bevat nie. Hulle weet ook nie dat 'n groot (die grootste?) deel van die bog
wat soms op die internet verskyn nie geverifieer is nie. Waar inligting
voorheen gesanksioneer was net omdat dit in druk verskyn het, is dit vandag
nog meer die geval met inligting op die Internet. Dit kan as dit nie met die
nodige en grootste omsigtigheid hanteer word nie, die grootste bron van
disinformasie in die Genealogie word.
Nou ja, ek het nou seker genoeg gal gebraak. Laat ek net as 'n laaste
gedagte die laaste soort beskryf.
- Die "ware genealoog"
Hy/sy vra baie selde of ooit enige geld vir enige genealogiese inligting wat
aan mense verskaf word. Hy/sy doen dit vir die liefde van die saak, en
behandel elke versoek op sy eie meriete. Hy help mense graag indien hulle
ook bereid is om hulle self te help. Hy help omdat hy ook hulp kry. Hy gee
erkenning vir alle hulp.
Maar mensdom! dink tog ook daaraan dat die arme persoon dit as 'n lewenstaak
gemaak het om 'n spesifieke familie na te vors. Gee hom liewers al die
ondersteuning en inligting waaroor jy beskik sodat die familie-prentjie meer
volledig kan wees.
|